Voordele van Lidmaatskap

WAT KAN LIDMAATSKAP VAN DIE SAKEKAMER VIR U BETEKEN?

  • Die voordele wat lidmaatskap vir sakelui inhou blyk uit die groot trefwydte van ‘n Sakekamer se aktiwiteite en die wyse waarop dit die belange van sakelui op alle terreine van die samelewing verteenwoordig.  Die waarde wat dit vir ‘n lid het, hang af van die ondersteuning wat hy aan die Sakekamer gee en hoe aktief hy self van die dienste gebruik maak.
  • Vrugbare kontak met sakelui in die georganiseerde sake wêreld word aan lede van die Sakekamer gebied.
  • Lede kan by die Sakekamer aanklop vir inligting en voorligting of vir kontak met ander organisasies en instansies.
  • Georganiseerde optrede dra meer gewig as die stem van die enkeling.  Die Sakekamer is die kanaal waardeur elke Afrikaanse sakeman en sake onderneming van georganiseerde optrede, gerugsteun deur die AHI as nasionale organisasies, gebruik kan maak tot sy eie voordeel en tot voordeel van die sakelewe in die algemeen.
  • Lede kan tydens vergaderings advertensies materiaal aan medelede uitdeel ter bemarking van sy dienste en produkte.
  • Die Sakekamer het baie noue skakeling met die plaaslike Stadsraad.
  • Die Sakekamer reël aandfunksies (Kenmekaar funksies) sodat lede en hul gades op sosiale vlak met medelede kan verkeer.
  • Die Sakekamer moet aan die gemeenskap “verkoop” word sodat dit ‘n hoë status kan geniet.
  • Sakekamerlede sal lidmaatskapsertifikate en vensterplakkers ontvang as identifikasie van hul lidmaatskap.
  • Die Sakekamer maak aanspraak op die lojalitiet van sy lede want hy is sy bestaan en voortbestaan aan hulle te danke.
  • Lede kan, afhangende van hul entoesiasme en deelname aan die Sakekamer aangeleenthede, verkies word op die AHI se verskillende Kamerbesture, Staande Komitees, Streekkomitee en selfs op die AHI se Hoofbestuur.

VOORDELE VAN AHI LIDMAATSKAP

  • Die AHI is ‘n inligtings- en verwysingsbron vir lede.
  • Die AHI bestudeer wetgewing wat lede se belange raak en rig in die verband vertoë tot die owerheid en ander liggame.
  • ‘n Forum word vir alle lede gebied waar vrugbare kontak met mede sakelui gemaak kan word om sakebelange te bevorder.
  • Die AHI lewer namens lede vertoë op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak.
  • Die AHI is verteenwoordig op regeringsliggame en ander organisasies wat van groot waarde vir lede is.
  • Die AHI tree namens lede op in nasionale forums soos die Besigheidsforum, Behuisingsforum en die Nasionale Mannekragkommissie.
  • Lede ontvang gereeld inligting deur middel van ‘n Nuusbrief, briewe vanaf die Uitvoerende direkteur se lessenaar en gereelde omsendskrywes oor sake van belang in die verskillende sektore van die ekonomiese- en bedryfslewe.
  • Opleidingskursusse en seminare oor ‘n verskeidenheid fasette van die sakelewe word gereeld in verskillende sentra vir die lede en hul personeel aangebied.

© 2007 - 2010. Waterberg Sakekamer. Alle regte voorbehou.

[Meer oor Ons] [Voordele van Lidmaatskap] [Besprekings & Informasie] [Kalender] [Skakels] [Kontak Ons] [Sluit Aan] [Ons Foto-album] [Nuusbrief Inskrywing] [Kantoor Liggings Kaart] [Advertensie Geleentheid] [Notules]

Ontwerp deur Equadoor

webwerf geborg deur
Klik nou om 'n gratis advertensie te kry!