Meer oor Ons
  • Die Waterberg Afrikaanse Sakekamer is ‘n nie-politieke sake organisasies wat al die vertakkinge van die sake-opset akkommodeer.
  • Sakekamerlede word almal op ‘n gelyke vlak behandel.  Die grootte van die besigheid of onderneming is nie ‘n bepalende faktor vir meer of beter diens nie. 
  • Die Sakekamer bepleit en bevorder die vrye mark ekonomiese stelsel en glo dat dit nie sonde is om wins te maak nie.
  • Dit is die spreekbuis i.v.m plaaslike sake, binne die raamwerk van die AHI se missie en doelstellings.
  • Die Sakekamer vergader gereeld en gee aan lede die geleentheid om sake rakende die gebied te bespreek.
  • Projekte word aangepak om lede van die Sakekamer daardeur direk of indirek te bevoordeel.
  • ‘n Groot voordeel vir enige lid is dat hy by ‘n sakekamer se gereelde byeenkomste en vergaderings in aanraking kom met mede sakelui en daardeur kans kry om sy of haar eie sakebelange te bevorder.
  • ‘n Sakekamer bring sy lede se begeertes en behoeftes op georganiseerde grondslag onder die aandag van die owerhede – met resultate wat die individu selde kan behaal.
  • ‘n Sakekamer bring dienste en produkte onder medelede se aandag.  ‘n Volledige ledelys van die Sakekamer is deurgaans tot beskikking van alle lede.
  • ‘n Sakekamer sorg vir die opleiding en voorligting van sy lede deur byvoorbeeld kursusse oor aktuele sake soos verkoopkuns en bestuur aan te bied.
  • ‘n Sakekamer sorg voortdurend dat jongmense op skool en ander opvoedkundige inrigtings kennis neem van sy lede se personeelbehoeftes.
  • ‘n Sakekamer bevorder sy lede se belange by ander liggame en verenigings met soortgelyke doelstellings.
  • Sakekamers neem jaarliks aktief deel aan die kongresse van die AHI en konferensies van die streek.
  • Behalwe die Nuusbrief wat die AHI aan sy lede stuur, word nuus van die Sakekamer gereeld onder sy lede versprei.

© 2007 - 2010. Waterberg Sakekamer. Alle regte voorbehou.

[Meer oor Ons] [Voordele van Lidmaatskap] [Besprekings & Informasie] [Kalender] [Skakels] [Kontak Ons] [Sluit Aan] [Ons Foto-album] [Nuusbrief Inskrywing] [Kantoor Liggings Kaart] [Advertensie Geleentheid] [Notules]

Ontwerp deur Equadoor

webwerf geborg deur
Klik nou om 'n gratis advertensie te kry!